Martinair

Martinair Netherland N.V.
Martinair Boeing 767-300ER PH-MCH by Amsterdam Schiphol AMS/EHAM
IATA: MP
ICAO: MPH
Roepsein: Martinair
Gestig: 1958
Ondernemingsvorm: Aandelemaatskappy
Hoofkwartier: Lughawe Schiphol
Hooflughawe: Lughawe Schiphol
Voorsitter: G. van Schaik
Passasiers 2 miljoen jaarliks
Werknemers 2500
Omset: €951 miljoen (2007)
Kapitaalhouding: €642 miljoen (2007)
Bestemmings: 50 lughawens wêreldwyd
Vloot: 19 vliegtuie
Webtuiste: http://www.martinair.com
Martinair Cargo Boeing 747-400F

Martinair is 'n Nederlandse lugredery wat op 24 Mei 1958 deur Martin Schröder en John Block onder die naam Martin's Air Charter gestig is. In 1966 word die maatskappy na Martinair Netherland herdoop.

Na 2006 het die passasiersvraag begin gedaal en Martinair het nie meer ekstra sitplekke benodig nie. Die daling het voortgeduur en na 53 jaar van die Nederlandse diens het Martinair al hulle passasiersdienste gestaak.

Julie 2014 is bekendgemaak dat Air France-KLM Martinair Cargo wil verkoop. Op die gebied van die vervoer van bederfbare produkte het Martinair 'n reputasie om hoog te hou. Die maatskappy is 'n groot karweier van snyblomme, vrugte en groente. Ander spesiale vrag word ook deur Martinair vervoer: motors, beeste, perde en noodlediging aan rampgebiede. Martinair het ook 'n netwerk opgebou vir aansluitende vrag.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search